top of page

Ons skool se geskiedenis en karakter

Die skool begin op 22 April 1981 as Hoërskool Mindalore met 13 onderwysers en 207 leerders in graad 8 en 9. Die skool se naam verander na Hoërskool Bastion na aanleiding van die straatname in die omgewing. ñ Bastion is ñ burg, ñ vesting, ñ fort, ñ herinnering aan die kasteel wat na die volksplanting gebou is om teen gevare te beskerm. Vanuit die kasteel, waar die kosbare dinge eers beveilig is, het die volksplanting uitbeweeg, die binneland in. 

 

Ons wens dat Bastion vir elke leerder ñ vesting vir sy identiteit, kultuur en kennis sal wees.

President Kruger het gesê: “Soek uit die verlede dit wat goed en reg was en bou daarop voort in die toekoms.” 

 

Hier word daar progressief vorentoe gebou aan elke kind se toekoms, terwyl daar by die leerder die wil gekweek word om self ñ aandeel te hê aan die bou van sy/haar eie toekoms- vandaar die inspirerende leuse: Bastion Bou!

Waardes 

Galasiers 5:22-23

  • Liefde 

  • Vreugde 

  • Vrede

  • Geduld

  • Goedhartigheid

  • Goedheid

  • Getroudheid

  • Sagmoedigheid

  • Selfbeheersing

Vrugte van die gees.png
Bastion nuwe logo_edited_edited.png

Wat beteken ons skoolwapen

Die rooi gedeelte simboliseer die Bastion (onderste gedeelte op die skild).

Die kandelaar met sy drie arms, wat ñ eenheid is, simboliseer die Vader, Seun en Heilige Gees. Die Christelike godsdiens is en bly die anker van elke Christen-gelowige. Die drie vlamme simboliseer geloof, hoop en liefde. Die lig van die vlamme is die lig van kennis van beskawing, van mooi menswees, wat ons die toekoms indra. Ons sien ook graag die kandelaar as vennootskapsimbool: ouers, kind en onderwyser.

Binne die beskerming van Bastion wil ons dié dinge beveilig wat vir ons kosbaar en dierbaar is, naamik: ons tradisies, ons godsdiens, taal en fyn menswees.

Met die dinge as ons ryke lewensinhoud, dra ons die beskawing, die geloof, die kennis, die orde en mooi menswees na buite en na die toekoms.

Op dié wyse doen elkeen wat deel van die Bastion-storie is, sy deel om aan die skeppingswonder te help bou; daarom die leuse-

BASTION BOU!

Ons Visie en Missie

Visie

Om dié toonaangewende en gerespekteerde onderwysinstelling aan die Wesrand te wees, waar elke kind se volle potensiaal ontsluit kan word.

 

Missie

Om aan die hand van Afrikaanse waardegedrewe opvoedingsmilieu, onderrig en opvoeding daar te stel, wat deur die volgende beginsels ondersteun word:

  • Onderwys- en leergeleenthede vir leerders in vier studierigtings;

  • Leer- en intervensie geleenthede vir elke leerder;

  • Kwaliteit onderwys deur diensbare leierskap en onderwyskorps;

  • ʼn Gesonde balans tussen akademie, sport en kultuur;

  • Dissiplinêre sisteem.

Ons Credo

Ek glo ek is geskape na die beeld van God. 

Omdat ek dit glo, moet ek die goddelike in my medemens erken, eer en respekteer. 

 

Ek glo ek is ñ unieke mens.

 

Vanweë my uniekheid, moet ek met myself vrede maak, myself aanvaar en vriende maak met die beeld in die spieël. 

 

Ek glo om skeppend besig te wees, is die hoogste vorm van menswees.

 

Om skeppend besig te wees, beteken dat ek elke dag iets moet skep wat nie vroeër bestaan het nie, want ek weet dat ek, wat self ñ skepping is, móét iets doen om dié skepping uit te bou. 

 

Ek glo ek het ñ vrye wil met die keuse tot beluitneming. 

 

Hierdie keuse en besluite moet ek in verantwoordelikheid neem, en vir die gevolge daarvan sal ek self borg staan. 

 

Ek glo ek kan, binne die perke van my menswees, my omstandighede verander. 

 

Ek moet dié omstandighede wat ek kan verbeter, verander en dié wat ek nie kan verander nie, blymoedig aanvaar. 

 

As ek waaragtig in hierdie dinge glo, en as ñ vrye mens my goddelike opdrag en my verantwoordelikhede aanvaar, kan ek gelowig die toekoms in waag en deelnemer wees - nie toeskouer nie - van die wonderlike ervaring: LEWE.

 

Dit is my strewe om aan die einde van my lewe in ootmoed te kan sê:

 

"Ek het die goeie stryd gestry, ek het die wedloop voleindig, en ek het    die geloof behou." (2 Tim. 4:7)

Skoollied

Musiek: Ollie Viljoen

Liriek: Jackie Meyer

Deur veelbewoë eeue heen

staan hy as vaste vesting daar, 

Geteister deur die wind en reën

en ook deur heiden en gevaar. 

ñ Skool so groots, ñ skool so trots

wat altyd daar vir ons sal wees

As vaste burg in dae wat kom, 

ñ anker vir ons gees.

Bastion, o Bastion

Alles veil vir jou!

Bastion, o Bastion

Vir niks verruil ons jou!

Hier werk ons met verstand en hand, 

ñ toekoms met ñ klein begin.

Ons volg ons Skepper hand in hand

Gelowig saam die toekoms in. 

ñ Skool so groots, ñ skool so trots

wat altyd daar vir ons sal wees

As vaste burg in dae wat kom, 

ñ anker vir ons gees.

Bastion, o Bastion

Alles veil vir jou!

Bastion, o Bastion

Vir niks verruil ons jou!

Ontmoet ons bestuur

WMS_3677.JPG

Mnr. J. Swart

Hoof

WMS_3657.JPG

Me. L. Jonker

Adjunkhoof

Lewenswetenskap

Toerisme

Gasvryheidstudies

Verbruikerstudies

WMS_3989.JPG

Me. E. Boshoff

Departementshoof

EBW; SW; LO

Rekeningkunde

Besigheidstudies

IT

RTT

WMS_3936.JPG

Mnr. J. De Wet

Departementshoof 

Wiskunde

Wiskunde geletterdheid

Tegniese wiskunde

WMS_3933.JPG

Me. B. Martens

Departementshoof 

Dissipline

Fisiese wetenskap

Tegniese wetenskap

WMS_4028.JPG

Mnr. Q. Writes

Departementshoof

IGO

Meganiese tegnologie

Siviele tegnologie

Elektriese tegnologie 

WMS_3976.JPG

Me. P. van Zyl

Departementshoof

Afrikaans 

Engels 

Drama 

Dans 

Visuele kuns 

Ontwerp

Wil u op hoogte bly met alles wat by Hoërskool Bastion gebeur? Volg die volgende stappe om die D6-toep af te laai.

D6.jpg
Klik gerus hier om die D6-toep af te laai.
  • d6 foto
bottom of page